AO3 News

Post Header

Published:
2022-09-13 16:21:12 UTC
Original:
Five Things Francesca Coppa Said
Tags:

Fyf Dinge wat ’n OTW-vrywilliger Gesê Het

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) word hierdie maand 15!

As ’n deel van die feesvieringe, publiseer ons ’n spesiale 5 Dinge berig met een van ons stigters, Francesca Coppa. In hierdie berig kan u lees oor Francesca se herinneringe van die vroeë dae van die OTW en die uitdagings waar die organisasie sedertdien voor te staan gekom het. Ons gaan ook gasheer wees vir ’n trivia kompetisie (slegs in Engels beskikbaar) en ’n fanwerke uitdaging. As u meer wil weet, besoek asseblief die Engelse weergawe van die OTW se herdenkingsberig.


Elke maand of so doen die OTW ’n V&A met een van sy vrywilligers oor hulle ervarings in die organisasie. Die berig druk die vrywilligers se persoonlike menings uit, en weerspieël nie noodwendig die mening van die OTW of vorm nie OTW beleid nie.

Hoe pas dit wat jy gedoen het as ’n vrywilliger in by wat die OTW doen?

Ek het soveel verskillende rolle in die OTW gehad sedert ons begin het in 2007. Voordat ons selfs ’n organisasie was, was ek in beheer daarvan om die vele fans wie hulself bereid verklaar het om as vrywilligers te dien, te organiseer. Daarna was ek vir vyf jaar op die Raad, waartydens ek Kommunikasie gedoen het, gehelp het om Open Doors (Oop Deure) op te stel en gewerk het aan Fanvideo en Multimedia.

Ek was opgeroep om tred te hou van die argief se draadraam toe ons nog net gewerk het daaraan om die gebruikerservaring van Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te ontwerp; dit was pret, en iets buite my gewone kundigheid! Deesdae werk ek meer aan die akademie en regtelike kant van dinge; ek skryf argumente (ek het byvoorbeeld gewerk aan die Dr. Seuss/Star Trek saak) en lê getuienis af as die OTW Regskomitee dit van my vereis, en ek werk ook saam met Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur ), om referate op te spoor en te hersien. Die Kommunikasiekomitee weet ook dat ek beskikbaar is indien nodig, en ek doen steeds onderhoude en gee agtergrond oor fandom aan joernaliste sodat hulle georiënteer is. (Alhoewel so baie joernaliste self nou fans is, wat so baie help!)

Hoe lyk ’n tipiese week nou vir jou as ’n vrywilliger?

Die werk wat ek nou doen is baie meer seisoenaal as weekliks. TWC hou aan om twee (en soms drie!) eweknie-beoordeelde uitgawes per jaar te publiseer, wat merkwaardig is; ek wys altyd uit dat daar universiteits-befondsde vaktydskrifte met betaalde personeel is wat nie daardie soort prestasie bereik nie! Meeste vaktydskrifte hou net ’n paar jaar uit en droog dan op, maar ons gaan nog goed aan. Die akademiese en regtelike kant is baie sperdatum-gefokus; dinge gebeur en vereis vinnige reaksies. (Ons gee erkenning aan die voortdurende wonderlike OTW Regskomitee ook, wie regtig verseker dat ons ’n stem het in regsake wat ons affekteer.)

Wanneer jy terugkyk na die begin van die OTW, wat verras jou die meeste van waar die OTW nou is?

Dat daar party mense is—selfs mense wat vir ons lief is—wie nie besef dat die OTW ’n fannish projek en nie ’n besigheid is nie! Dat dit aanmekaargesit is deur ’n klomp fans wie genoeg gehad het daarvan om deur mark kragte bedrieg te wees! Ek dink ’n klomp fans nou onthou nie die pre-kapitalistiese internet nie; hulle neem aan dat enigiets op die web ’n besigheid is. En die OTW se nie-winsgewende model is dalk verwarrend vir party—want fandom betaal wel om dit aan die gang te hou, net nie almal betaal nie.

Die OTW samel fondse in sodat die wie kan betaal die wat nie kan nie ondersteun, soortgelyk aan die model van V.S. publieke televisie of radio, en almal kan ons projekte gebruik ongeag of hulle dit kan bekostig. Maar ek dink daar is mense wat eerlikwaar nie kan glo dat iets so groot en suksesvol (en ek bedoel die hele OTW, nie net AO3 nie, maar ook TWC en die OTW Regskomitee, wat amicus-opdragte skryf en erken word deur die regering as ’n belangrike liggaam, ens.) buite die mark werk. Ons betaal vir (en besit eintlik) die bedieners, maar al die arbeid word geskenk deur die fandom, van die Raad en af. En om eerlik te wees is dit die arbeid wat van onskatbare waarde is, nie net ekonomies nie (alhoewel ekonomies!) maar ook in terme van al die passivolle belegging wat fandom maak in die organisasie. Die OTW is iets wat ’n klomp mense na wese gewens het en gewerk het om te laat gebeur; dit is ’n boot wat ons self gebou het en dit werk slegs omdat nuwe mense aanhou aantree en werk om dit te laat werk.

Wat laat jou die trotsste voel oor jou eie prestasies in die OTW?

Die uitdrukkings op my studente se gesigte as hulle uitvind ek was betrokke by die vorming van die OTW. Ewe skielik is ek ’n rockster! Hulle het almal AO3 rekeninge. Ek kan ’n verlede onthou waarin ek bekommerd was dat mense gaan uitvind van my betrokkenheid by fandom, en nou bemark my kollege dit as ’n kenmerk: Die AO3 het ’n Hugo Toekenning gewen!

Watter ding (of stel dinge) was die mees uitdagende oor die OTW se ontwikkeling?

O, sjoe. Daar was en is steeds uitdagings. Wanneer al jou arbeid geskenk is, is daar altyd spanning tussen wat gedoen moet word en waarvan mense hou om te doen, wil doen, of goed kan doen. En dit is nie verrassend dat vrywilligers nie dieselfde vaardighede wil gebruik as wat hulle in hulle alledaagse werk gebruik nie; hulle soek ’n breek van werk! Maar daar is ’n ou sêding dat die tuinier klavier speel vir pret, en die pianis maak tuin. Ek het nog altyd gedink fandom is baie soortgelyk, en die OTW ook.

Ek is opreg geraak deur wat die OTW span doen, dat soveel mense opdaag en dinge maak gebeur. Ek dink die talent en responsiwiteit van die OTW is eintlik nogal verstommend vir ’n organisasie waar niemand betaal word nie. En fandom weet dit ook—ons doen na my mening beter as meeste, indien nie alle, winsgewende webtuistes nie, en ons is meer professioneel as meeste nie-winsgewende webtuistes. (Nie dat ons perfek is nie, ver daarvan, maar mense wie kla kan nooit uitwys wie beter doen nie, want niemand doen nie: party probleme is net moeilike probleme.)

Dit gesê, noudat ons so groot is, wanneer ek dink oor die toekoms…soos, in my opinie, is die volgende trap op nie ’n "klein bietjie" meer geld as wat ons tans insamel nie, dis groothede meer geld, ’n hele ander skaal van geld. Dis bietjie soos (party van julle wat hierdie lees sal weet wat ek bedoel) wanneer iemand jou vra wat jy vir jou verjaarsdag wil hê, en jy is soos, "Niks" maar wat jy regtig bedoel is, "Niks wat jy vir my kan gee vir my verjaarsdag nie—ek het, soos, ’n bank nodig. Ek moet die huis laat oorverf. Ek het ’n nuwe transmissie vir die kar nodig."

En selfs al het ons daardie tipe geld ingesamel, wel—soos die beroemde Cyndi Lauper wyslik opgemerk het, "Geld verander alles." As ons ’n OTW met ’n klomp betaalde personeel gehad het wie ons opdragte kon gee om dinge te doen sou dit nie dieselfde soort organisasie wees nie. So, ek weet nie, maar ons het regtig regtig goed gedoen sover volgens enige redelike maatstaf (sê sy met intense trots) en dat daar geen rede is dat ons nie gaan aanhou om goed te doen nie. Fandom herverbeeld, hergenereer en uitvind; dis wat ons doen!

Watter fannish dinge geniet jy om te doen?

Fandom is eerlikwaar minder dinge wat ek doen en meer soos die plek waar ek leef; ek het myself hier gevestig en hier gebly vir, soos, veertig jaar? Dis my dorp! Fans is my bure, en ek het party van hulle al geken vir dekades, en partykeer trek nuwe mense in en ander trek uit. So, ek bedoel—ja, goed, ek lees en skryf en beta fiksie, en ek kyk videos in fandoms wat my interesseer, maar ek voel ook soos ’n burger van fandom, wat op my voorstoep sit en kyk wat aangaan sonder om dit altyd self hoef te doen. Ek stel belang, is wat ek sê; ek wil weet wat die groot fandoms is, ek wil die grappies verstaan, die taal praat: ek wil al die blorbos herken, selfs al is ek nie fannish oor die programme nie.

Ek dink wel ek trek die lyn by TikTok. (Sug…maar ek het dit al voorheen gesê, so jy weet: niks is onmoontlik nie.)


Noudat ons vrywilliger vyf dinge gesê het oor wat hulle doen, is dit u beurt om nog een ding te vra! Vra gerus oor hulle werk in die kommentaar. Of as u wil, kan u gaan kyk na ouer Vyf Dinge berigte.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende beheerorganisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oope Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.